Stalletjies
SLUITING DATUM : 30 Mei 2010
KOSTE: 3m X 4m UITSTAL RUIMTE, R600.00 VIR TYDPERK VAN FEES.
AANSOEKE EN KEURING – INFORMELE MARK
n Keurkomitee oorweeg alle aansoeke wat ‘n volledige produkbeskrywing insluit. Voorkeur sal verleen word aan selfvervaardigde produkte wat getuig van oorspronklikheid, vakmanskap en inisiatief. Daar sal ‘n beperking wees op die aantal stalletjies per produk. Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. U sal in kennis gestel word van die keuringsuitslag.
BETALING
Na ontvangs van die brief met keuringsuitslag, wat die koste sal aandui, moet ‘n bankinbetaling binne 14 dae gedoen word. Geen toonbanktjeks SAL aanvaar word nie.
KANSELLASIEFOOI
Vanaf 1 Mei 2010 tot 11 Mei 2010 is dit 25% van stalletjiegeld.
Na 11 Mei 2010 is dit 50% van stalletjiegeld.
Na 20 Julie 2010 is dit die volle stalletjiegeld.
KRAGPUNTE
Kragpunte word beperk tot een per stalletjie. Uitstallers moet hul eie verlengingskoorde voorsien en verseker dat dit in ‘n goeie werkende toestand is.
HANDELSURE
Donderdag 29 Julie 2010 : 14h00 – 18h00
Vrydag 30 Julie 2010 : 09h00 – 18h00
Saterdag 31 Julies 2010 : 09h00 – 18h30
Geen stalletjies mag vroeër afgebreek word as die voorgeskrewe handelsure nie.
Uitstallers sal soggens om 07:00 op die terrein toegelaat word. Voertuie (met die nodige klaring) sal net tussen 07:00 en 09:00 en weer na die amptelike handelsure op die terrein toegelaat word vir die oplaai van voorraad.
VOORWAARDES EN VRYWARING
- Alle persone stal uit op eie risiko. Alle moontlike stappe word geneem ten opsigte van sekuriteit. U eiendom bly egter u eie verantwoordelikheid. Die Feeskomitee kan nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, verliese of skade nie. Elke uitstaller is verantwoordelik om self sy produkte, lewe te verseker.
- Die Feeskomitee aanvaar geen verantwoordelikheid daarvoor indien u produk(te) nie verkoop nie.
- Die aangehegte memorandum moet geteken wees en die aansoek vergesel.
- Voltooi onderstaande (B) volledig en pos dit voor 1 Mei 2010 aan:
Dolosfees Stalletjies, Posbus 10071, Meerensee, Richardsbaai, 3901
Rig navrae na die volgende E-pos adres : Elize Boshoff – cboshoff@iafrica.com
Faksnommer : (035) 7532072
Aansoekers het GEEN REG TOT PLASING NIE. Plasing word gedoen na gelang van die produkte
Met Duisende feesgangers elke dag, kry jy fantastiese
blootstelling in een week. Stalletjie aansoekvorms nou beskikbaar.
Kontak:
Louise Struwig:082 7711199
Email:louisest@mweb.co.za
fax: 035 7531909
Dis méér as die moeite werd

