Woensdag 28 Julie

opdievrouaf2Op die Vrou af – Met Pedro Kruger en Jolette Odendaal – Openingsfunksie
Hierdie is die derde bundel van die bekroonde en gewilde joernalis se SARIE-rubrieke. Ná 10 jaar, 9 joernalistieke pryse en twee suksesvolle verhoogverwerkings is Lesers se reaksie deur die jare: “Dis die beste medisyne vir stres” en “Met sy humor is hy die een wat in hierdie land van geweld en trane almal weer die son laat raak sien.” Die stukke bied die leser heerlike, aweregse humor en satire.

Die eerse versameling Op die vrou af (SARIE-rubrieke, 2004) is verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Sarah Theron, en is landwyd en by kunstefeeste opgevoer. Dit is vanjaar opgevolg deur die nuwe musiek-teaterstuk Op die vrou af 2, weereens deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal in die rolle.

Page 1 of 0