Vrydag 30 Julie
Oggend program vir alle Laerskole
Tyd 9am – 12am R20 per student
Poppeskou
09h00 – 09h45
Polisie en brandweer
10h15 – 10h45
Simba – Vertoning – Ready, Steady Go Show
10h45 – 11h45
Musiek en nog verskeidenheid aktiwiteite
Teater – Vrydagoggend by Hoerskool
R50 per student
MIS – Teater
DJ Ossewa
DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 5 jaar gelede. Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie afrikaners is.
Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuur- vas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het. Die groep bestaan uit 4 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies, Raapie Knapie en Jerbes die Leeuboer. Laasgenoemde is eintlik maar n kennis, van die buur plaas. Daniel, Raapie en Piet bly almal op Ossewasrus saam met Ouma Sanna Beskuit. Almal is Familie op die plaas.
Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie.
Jak de Priester
Jak de Priester is ‘n Afrikaanse sanger, skrywer en kunstenaar. Jak se loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem. 6 Jaar, 5 albums, 1 digbundel en verskeie vertonings later is Jak se loopbaan steeds besig om te groei.
Jak is die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks ‘Binnelanders’ wat uitgesaai word op MNET en KYKNET. Hy is ook al genoem die ‘Brooklyn Poet’ omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die ‘Groenkloof Spar’ en die ‘Brooklyn Mall’. Jak is ook bekend vir sy lirieke van sy musiek omdat dit handel oor die alledaagse lewe, situasies en omstandighede waarmee meeste mense kan assosieer.
Nicholis Louw
Hy moker kitare, hy kraak verhoë, hy knák treffers- parades, hy koel sy bewonderaars met water af, hy palm musiekprys- benoemings in, hy verleen jeug aan tydskrifvoorblaaie – en hy spog met driedubbele goue albumstatus… SA se Poprock-Prins!

