Saterdag 31 Julie
Visvang Kompetisie
Annelie Botes
Daar is niks méér of omvangryk aan my nie, sê Annelie Botes. Ek is ’n doodgewone mens wat nes ander mense skinder, lieg, huil en ’n overdraft het. Ek kan was, stryk, aartappels skil en knope aanwerk. Soms is ek só beterweterig en selfgesentreerd dat ek dit nie met myself kan uithou nie. Dan gooi ek leë bottels teen die garagemuur stukkend en praat in aaklige tale, sonder waardigheid of vroulikheid. Omdat ek ’n Kreef is, is ek by uitstek ’n huismaker en is verslaaf aan fyntuin maak. Al in die lewe waarvoor ek nie kans sien nie, is bergkranse klim en bungee-jumping. Ek is gek oor wollerige katte en geesryke boeke en is ’n telefoonslaaf. Ek het ’n gruwel in korrupsie en sal selfs die Pous daaroor aanvat, al weet ek voor my siel ek gaan verloor. Die dinge wat my die meeste aantrek in die lewe is kerse, reën, die ruising van die see en om in die middel van die nag wakker te word ná ’n mooi droom. My grootste afkeure is as iemand dink ek is onnosel, as die bergwind waai en wanneer my hande taai is. En die vierde ergste is simpel grappe oor dom vrouens. Want mens kry nie so iets soos ’n dom vrou nie.
Hempies du Toit – Wynproe

Die voormalige Springbok-rugbyspeler Hempies du Toit het die Alto-plaas by sy pa oorgeneem en die rooiwynlegende daar voortgesit totdat die wynmaker Schalk van der Westhuizen dit in 2000 oorgeneem het. Hul shiraz is verslawend!
Shirley Valentine
by
Sharleen Surtie Richards
Gepraat van verwerkings: Hennie van Greunen het Shirley Valentine van Brittanje na Kaapstad verplaas en haar ’n opregte ’n Cape Coloured-karakter gemaak. Dit werk soos ’n bom, ’n bom wat Shaleen Surtie-Richards met haar uitmuntende karakterisering laat ontplof.
Jy lag, jy huil ’n bietjie, jy knik instemmend wanneer Shirley lewenswyshede kwytraak en jy verkneukel jou aan haar (Van Greunen se) kleurryke beskrywings.
Die Capy-taal het soet in my ore geklink, en ek het gewonder of teatergangers wat nie daarmee grootgeword het nie, dit regtig waardeer. Weet hulle van “tjokka” pleks van calamari, van “ek maaki venste’ oepe”, “ammal daai kleure/mense”, “ek lykit (hou van dit) hi’ ”?
Shirley Valentine het vir middeljarige vroue ’n classic geword.
Wicus van der Merwe
Vir die eerste keer in my lewe wen ek iets anders as die hoogspringbeker in die hoërskool! Huisgenoot Tempo nominasies 2009 het vroeër vanjaar uitgekom, en reken, daar staan my naam onder die nominasies vir “Beste Humoristiese Album”……
Emo Adams
Bobby van Jaarsveld
Ek is Bobby van Jaarsveld. Ek is gebore op 6 Maart 1987 en bly in Centurion, Pretoria. Ek het begin sing toe ek so 14 jaar oud was. Aan die einde van my Graad 11 jaar het ek saam met Dozi getoer. Na die toer het Dozi vir Blackie Swart van my vertel en Blackie het toe my eerste recording kontrak vir my aangebied. Twee jaar later het Theuns Jordaan my hoor sing en my `n maand of later genader en `n kontrak aangebied nadat hy sy eie plate maatskappy gestig het. Sedert 2006 het elke jaar in Skouspel opgetree, en in 2008 het ek saam met my band begin optree
Junita du Plessis
In 1998 het haar sangloopbaan met alle erns begin – met haar debuutalbum Juanita. Daardie jaar wen sy die CMA (Country Music Association in Namibië) se toekennings as die beste sangeres, die beste liedjieskrywer en dié vereniging se president toekenning vir uitsonderlike prestasie. In daardie stadium was Juanita toe al lid van Jupidu, saam met haar man, Doepie, haar broer Pieter, en hul vriend Rennie Strauss. Jupidu was uiters gewild by Namibiërs, maar haar reeks toekennings en ‘n bedrywige naweekdagboek was nie vir Juanita genoeg nie. Sy het toe al geweet haar liedjies is stérk genoeg. Sy het bloot aanhou skryf, met die wete ‘n nuwe album sou haar die deurbraak besorg waarop sy wag. Maar sy het nie geld daarvoor gehad nie.Gelukkig het baie invloedryke mense haar talent geëien en sy kon genoeg borge werf om ‘n CD op te neem. Die album Ek en Jy is gebore – met Ska-Rumba as ‘n bonussnit… In 2000 onderhandel sy en die platebaas Pierre van der Westhuizen van Maroela-Musiek. Pierre het onmiddellik geweet Juanita kán …
Kurt Darren
Kurt is al vir sewe agtereenvolgende albums besig om die golf van sukses te ondervind, hy is van plan om nog vir n baie lang tyd in die bedryf te bly en mense te vermaak met sy musikale talent. Hy het ‘n ongelooflike passie vir musiek, en wil sy Godgegewe gawe met ieder en elk deel. Sy eerste album “For Your Precious Love” was in 1995 uitgereik, en daarna het hy die uitsonderlike geluk gehad om al die volgende albums op te neem, wat in chronologiese orde gelys word:• 1997 – “Kurt Darren”.
• 1998 – “Just When I Needed You Most”.
• 1999 – “Since I Found You”.
• 2001 – “Net Jy Alleen”.
• 2002 – “Meisie Meisie”. * Met sy album “Meisie Meisie” het hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf in 2002 bewerkstellig. Kurt se reuse treffer, Meisie Meisie, maak steeds duike in die dansvloer en was een van die Top3 treffers van 2002! Dit is gedurende die opname van hierdie album dat Kurt liedjies begin skryf het saam met twee ongelooflike, inspirerende en talentvolle mense: Don Kelly en Marc Brendon. Hierdie trio komplimenteer mekaar tot vandag nog met die samestelling van lirieke vir nuwe liedjies.


