Donderdag 29 Julie
Sandra Prinsloo in Die Naaimasjien
Ná vele suksesvolle optredes by vanjaar se Suidoosterfees, die Absa-KKNK 2009 en twee Kanna-toekennings (SARIE-Kanna vir beste vroulike kunstenaar en Herrie-Kanna vir die gewildste produksie) is Sandra Prinsloo wéér te sien in Die Naaimasjien.
Met hierdie Nagtegaal-tekspryswenner – Rachelle Greeff se debuut-teaterteks – vier Sandra ná 15 jaar haar terugkeer na die soloverhoog.
Sandra Prinsloo verskyn in die solo verhoogstuk, Die Naaimasjien, geskryf deur Rachelle Greeff en geregisseur deur Hennie van Greunen. Die toneelstuk deel met temas soos vigs eensaamheid en oud word. Ons praat met Sandra Prinsloo om meer uit te vind oor haar uitdagende rol as Magdeleen in Die Naaimasjien.
Snotkop
Meer as 35 duisend albums al verkoop, 3 MK89 Musiek Toekennings, Vier nommer een treffers, drie Huisgenoot Tempo toekenning nominasies, ‘n VONK Toekenning, 2 SAMA nomiasies vir beste Afr DVD en beste Afrikaanse Pop Album. Sy eie, baie populere program op MK 89 genaamd ‘Petrolkop’ en vol gepakte sale by al sy live shows! Snotkop is die nuwe Pop-Rock sensasie wat die land behoorlik aan die ROCK het!
Snotkop, of te wel Francois Henning, maak groot golwe met sy Afrikaanse albums wat die jeug en die jong van hart aanspoor om op te staan vir hulle regte, te glo in hulle individualiteit en om te paartie dat die uile huil en is baie passievol om sy boodskap oor te dra aan Suid Afrika se jeug van die GOOT GEVARE van DWELMS.
Staaldraad
Die groep Staaldraad is gestig aan die einde van 2004 deur lede John Tinke en Gideon Rademeyer. Die groep het begin optetree by verskeie kuierplekke in en rondom Johannesburg en het vir ‘n geruime tyd as ‘n “coverband” gefunksioneer deur ander kunstenaars se musiek op te voer terwyl hulle besig was om hul eie musiek te skryf. In Februarie 2005 het hulle vir Aydhn Henry genader om baskitaar vir die groep te speel en hy het op sy beurt hulle voorgestel aan Dean Crichton wat later die rol as tromspeler vir die groep sou inneem.
Gedurende 2005 en 2006 het die groep Staaldraad meer as 250 optredes gelewer in beide die komersieële mark asook in die korporatiewe mark. Die groep het ook in hulle beginjare ‘n groot ondersteunersgroep ontwikkel deur by feeste soos Aardklop en InniBos op te tree.
In 2007 het hulle ‘n platekontrak aanvaar vanaf LFM MUSIEK wat hulle meer in die rigting van oorspronklike afrikaanse musiek sou instuur. Onder leiding van die bekende Mark Kahn (Shine4,Snotkop, Ettienne Steyn) wat opgetree het as regisseur vir die opname, het Staaldraad ‘n debuut-album vrygestel wat volgens kritici as “eerlik en goed deurdink” bestempel word.
Heuwels Fantasties
So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies… met net ´n bietjie kitaar. “Ons wou weg beweeg van die tipiese musiek wat ons tot dusver afsonderlik gemaak het, hoofsaaklik kitaargedrewe musiek.”
So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies… met net ´n bietjie kitaar. “Ons wou weg beweeg van die tipiese musiek wat ons tot dusver afsonderlik gemaak het, hoofsaaklik kitaargedrewe musiek.”So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies… met net ´n bietjie kitaar. “Ons wou weg beweeg van die tipiese musiek wat ons tot dusver afsonderlik gemaak het, hoofsaaklik kitaargedrewe musiek.”

